#

LIDMAATSKAP & AANSOEKVORMS

YSTERBERG VEE STUDIEGROEP LIDMAATSKAP

Ysterberg Vee Studiegroep het sy lidmaatskapsformaat aangepas om voorsiening te maak vir lede vanuit die vee bedryf, sowel as ondersteuners van die vee bedryf in die land.

Verskillende kategorieë lidmaatskap word op die vorm aangedui.

Laai die vorm by onderstaande skakel af en stuur dit aan ysterbergstudiegroep@gmail.com

Indien u probleme sou ondervind om die vorm af te laai, kan die vorm ook elektronies aangevra word of skakel Izelle Jacobs by 082 815 1639


Druk op verskillende katogorie onderaan om lidmaatskapvorms af te laai

Persone wat direk of indirek met die teelt van diere gemoeid is, kan vir Gewone Lidmaatskap van die studiegroep in aanmerking kom. Vir die doeleindes van hierdie subklousule word 'n maatskappy, private maatskappy, vennootskap, beslote korporasie, trust of regspersoon beskou as 'n persoon en kan as sodanig vir Gewone Lidmaatskap van die studiegroep in aanmerking kom. Hooflid van 'n maatskappy, private maatskappy, vennootskap, beslote korporasie, trust het alleenlik stemreg. Stemreg kan skriftelik oorgedra word aan 1 ander lid van dieselfde maatskappy, private maatskappy, vennootskap, beslote korporasie, trust indien hooflid nie beskikbaar is nie.

Enige persoon onder die ouderdom van 18 jaar wat direk of indirek by die teelt van diere betrokke is, mag ‘n Junior Lid word. Sodanige Junior Lid sal geen stemreg by vergaderings hê nie en nie tot die bestuur verkiesbaar wees nie. ‘n Junior Lid mag aan die ander aktiwiteite van die studiegroep deelneem.

Lid sonder vee wat gemoeid is met vee teling. Sodanige Spesiale Lede sal stemreg by vergaderings hê en is verkiesbaar tot die bestuur.

Lid wat nie vergaderings kan bywoon nie maar kry inligting deur wyse van epos of whatsapp. Sodanige lid sal geen stemreg by vergaderings hê en is nie verkiesbaar tot die bestuur nie.

web counter